Rekeningkundige Vergelyking

WiseOwl

Na die bestudering van hierdie hoofstuk, moet jy in staat wees om:

  • die verhouding te verstaan tussen bates, laste en die belang van die eienaar van die entiteit,
  • die invloed van elke transaksie op die rekeningkundige vergelyking te ontleed,
  • variasies in die rekeningkundige vergelyking te voltooi,
  • die dubbelinskrywingsbeginsel te verstaan,
  • te verstaan wanneer ʼn rekening gedebiteer en gekrediteer word,
    berekeninge te doen

1.1     Inleiding

Alle transaksies van die besigheid wat in die algemene grootboek aangeteken word het ‘n uitwerking op die rekeningkundige vergelyking.  Die rekeningkundige vergelyking verteenwoordig die verhouding tussen bates, laste en die eienaarsbelang van die eienaar in die entiteit.

Bates

is onder beheer van die entiteit as gevolg van ʼn gebeurtenis in die verlede en het die potensiaal om toekomstige ekonomiese voordele te genereer. Voorbeelde van bates is onder andere grond en geboue, voertuie, masjinerie, toerusting, meubels, beleggings, debiteure en kontant.

Bates neem toe aan die debietkant en verminder aan die kredietkant van die grootboekrekeninge.

Laste

is huidige verpligtinge van die entiteit wat ontstaan het uit gebeure in die verlede, waar vereffening sal lei tot die prysgee van ekonomiese hulpbronne in die toekoms. Voorbeelde van laste  sluit onder andere lenings en krediteure in.

Laste neem toe aan die kredietkant en verminder aan die debietkant van die grootboekrekeninge

Eienaarsbelang

is die netto belang van ʼn entiteit nadat die laste van al die bates afgetrek is. Voorbeelde van ekwiteit is onder andere, kapitaalbydraes, plus winste min verliese en min onttrekkings deur eienaars. Eienaarsbelang word deur ʼn toename of afname van kapitaalbydraes of onttrekkings deur die eienaar beïnvloed. Inkomste verhoog winste en sal dus eienaarsbelang verhoog. Uitgawes verminder winste en sal dus eienaarsbelang verminder.

Eienaarsbelang neem toe aan die kredietkant en verminder aan die debietkant van die grootboekrekeninge. Enige inskrywings aan die kredietkant van die kapitaal, onttrekkings, inkomste of uitgawe rekeninge sal eienaarsbelang laat toeneem, terwyl enige inskrywing aan die debietkant van die bogenoemde rekeninge eienaarsbelang sal laat afneem.

1.2     Elemente van die rekeningkundige vergelyking

Die drie elemente van die rekeningkundige vergelyking is bates, laste en ekwiteit:

  • Bates is die besittings wat aan die entiteit behoort.
  • Laste is die eise van krediteure teen die entiteit.
  • Ekwiteit is die belang wat die eienaar in die bates van die entiteit het.

Die finansiële posisie word word deur die basiese rekeningkundige vergelyking verteenwoordig. Die twee kante van die vergelyking moet altyd gelyk wees.
Die netto-batewaarde verteenwoordig die gedeelte waarmee die bates die laste oorskry.

 B  =  E  +  L

Neem toe aan die debietkant

– BATES
– UITGAWES

Neem toe aan die kredietkant

– LASTE
– INKOMSTE
– EIENAARSBELANG

 Die rekeningkundige vergelyking kan soos volg uitgedruk word:

EIENAARSBELANG = BATES – LASTE

Variasies van die bogenoemde vergelyking kan soos volg uitgedruk word:

BATES = EIENAARSBELANG + LASTE
LASTE = BATES – EIENAARSBELANG

Die dubbelinskrywingsbeginsel impliseer dat elke transaksie ʼn dubbele invloed op die elemente van die rekeningkundige vergelyking sal hê om die verhouding tussen die netto-bates (bates minus laste) en die eienaarsbelang in balans te hou. Volgens die dubbelinskrywingstelsel sal ʼn dubbelinskrywing voltooi word vir elke transaksie waarvolgens een grootboekrekening gekrediteer en ʼn ander grootboekrekening gedebiteer word.

Die fundamentele beginsel waarop inskrywings in die rekeningkundige stelsel gebaseer word, is dat elke transaksie op so ʼn manier aangeteken moet word, dat die rekeningkundige vergelyking in ekwilibrium sal bly na elke transaksie.

Goedere word op krediet verkoop of dienste op krediet gelewer aan debiteure.
Goedere word op krediet aangekoop of dienste op krediet ontvang van krediteure.
Indien die transaksie nie aandui dat geld ontvang of betaal is nie is dit ʼn krediettransaksie.
Kapitaalbydrae verhoog eienaarsbelang. Onttrekkings verminder eienaarsbelang.
Inkomste verhoog winste en sal dus die eienaarsbelang verhoog. Uitgawes verlaag winste en sal dus die eienaarsbelang verminder.

(Druk om voorbeeld oop te maak)

1.3  Brondokumente en hulpjoernale

Vir elke transaksie wat in ʼn besigheid plaasvind word ʼn brondokument voltooi of ontvang wat gebruik word om die transaksies in die hulpjoernale te verantwoord. Wanneer brondokumente uitgereik word, word die oorpronklike dokument aan die kliënt gegee en die duplikaat gebruik om die transaksies in die hulpjoernale te verantwoord.

Wanneer goedere kontant verkoop word, word ʼn kontantfaktuur of kasregisterrol uitgereik. Die duplikaat word gebruik om die transaksie in die kontantontvangstejoernaal aan te teken. Alle geld ontvang word in die kontantontvangstejoernaal aangeteken.

Wanneer goedere op krediet verkoop word, word ʼn kredietfaktuur uitgereik. Die oorspronklike word aan die kliënt gegee en die duplikaat word gebruik om die transaksie in die debiteurejoernaal aan te teken.

Wanneer goedere deur ʼn kliënt teruggestuur word, word ʼn kredietnota uitgereik. Die kredietnota word gebruik om die transaksie in die debiteure-afslagjoernaal aan te teken.

Wanneer goedere op krediet gekoop word, word die oorspronklike kredietfaktuur ontvang wat gebruik word om die transaksie in die krediteurejoernaal te verantwoord.

Wanneer goedere aan ʼn krediteur teruggestuur word, word ʼn debietnota uitgereik. Indien die krediteur bereid is om die afslag toe te staan sal die besigheid ʼn kredietnota ontvang. Die transaksie word in die krediteure-afslagjoernaal aangeteken.

Wanneer ʼn tjek uitgereik word om byvoorbeeld voorraad of ander bates aan te koop, krediteure of lening te betaal, uitgawes te betaal, ens. word die transaksie in die kontantbetalingsjoernaal aangeteken.

Wanneer kontant uit die kleinkas gebruik word om uitgawes te betaal word ʼn kleinkasbewys voltooi en word die transaksie in die kleinkasjoernaal aangeteken.

Enige transaksies wat nie in die bogenoemde joernale aangeteken kan word nie, word in die algemene joernaal verantwoord. ʼn Joernaalomskrywing word voltooi as brondokument.

Brondokumente  gebruik:

  • ‘n Faktuur word uitgereik wanneer goedere op krediet verkoop of dienste op krediet gelewer word.
  • ‘n Faktuur word ontvang wanneer goedere op krediet gekoop of dienste op krediet ontvang is.
  • ‘n Tjek word uitgereik wanneer geld uit die bankrekening betaal word.
  • ‘n Kwitansie word uitgereik as bewys van betaling wanneer geld ontvang word.
  • ‘n Kredietnota word uitgereik wanneer die rekening van ʼn debiteur verminder word.
  • ‘n Kredietnota word ontvang wanneer die rekening van ʼn krediteur verminder word.
  • ‘n Kasregisterrol of kontantfaktuur word uitgereik wanneer goedere of dienste kontant gelewer word.
  • ‘n Joernaalbewys/joernaalomskrywing word gebruik wanneer inskrywings in die algemene joernaal verantwoord word.
  • ‘n Kleinkasbewys word gebruik vir kontantbetalings uit die kleinkas. Die inskrywings word in die kleinkasjoernaal verantwoord.

1.4 Voorraadstelsels

Alhoewel daar twee verskillende voorraadstelsel gebruik word, naamlik die periodieke en deurlopende voorraadstelsel, word slegs die deurlopende voorraadstelsel op hierdie stadium behandel.

 

 1.4.1 Deurlopende voorraadstelsel

Wanneer die deurlopende voorraadstelsel gebruik word, word twee dubbelinskrywings voltooi wanneer goedere verkoop of deur debiteure teruggestuur word.

ʼn Dubbelinskrywing word teen verkoopprys voltooi. Wanneer goedere kontant verkoop word, word die bankrekening (bate vermeerder) gedebiteer en verkope (inkomste) gekrediteer met die verkoopprys. Wanneer goedere op krediet verkoop word, word debiteure (bate vermeerder) gedebiteer en verkope (inkomste) gekrediteer met die verkoopprys.

ʼn Dubbelinskrywing word teen kosprys voltooi. Die koste van verkoperekening (kosprys van goedere verkoop – uitgawe) word gedebiteer (uitgawe vermeerder) en die voorraadrekening (bate verminder) gekrediteer. Die koste van verkoperekening word gedebiteer om die uitgawe te verantwoord wat nodig was om die goedere te verkoop (uitgawe verhoog aan die debietkant). Die voorraadrekening word gekrediteer om ʼn inskrywing te verantwoord om voorraad te verminder (bates verminder op die kredietkant).

 

1.4.2   Kredietaankope en kredietverkope

Krediteure
Goedere word op krediet (op skuld) by krediteure gekoop. Die totale van die krediteurekontrolekolom in die hulpjoernale vir die inskrywings vir goedere op krediet gekoop, terugsendings van goedere en betalings aan krediteure word in die krediteurekontrolerekening in die algemene grootboek verantwoord. Hierdie inskrywings word ook in die individuele rekeninge van die krediteure in die krediteuregrootboek verantwoord. Krediteure vermeerder aan die kredietkant en verminder aan die debietkant van die rekeninge in die algemene grootboek en krediteuregrootboek.

Debiteure
Goedere word op krediet (op skuld) aan debiteure verkoop. Die totale van die debiteurekontrolekolom in die hulpjoernale vir die inskrywings vir goedere op krediet verkoop, terugsendings van goedere of ontvangste van debiteure word in die debiteurekontrolerekening in die algemene grootboek verantwoord. Hierdie inskrywings word ook in die individuele rekeninge van die debiteure in die debiteuregrootboek verantwoord. Debiteure vermeerder aan die debietkant en verminder aan die kredietkant van die algemene grootboek en debiteuregrootboek.

 1.4.3   Bepaal die handelskorting, kontantkorting en kosprys van goedere aangekoop 

Kosprys min handelskorting

Trek die handelskorting van die kosprys af om die werklike kosprys te bepaal.
Geen inskrywing vir handelskorting nie.

Kosprys min handelskorting min kontantkorting indien die goedere dadelik betaal is.

a) Trek die handelskorting van die kosprys af.
b) Trek die kontantkorting van die antwoord in (a) af om die werklike kosprys te bepaal.
Geen inskrywing vir handelskorting en kontantkorting nie.

Handelskorting

Wanneer ʼn besigheid goedere vanaf ʼn fabriek of groothandelaar aankoop, word handelskorting vir grootmaakaankope toegestaan omdat goedere aangekoop word om te herverkoop.

Geen inskrywing word vir die handelskorting voltooi nie. Trek die handelskorting van die prys af om die aankoopprys wat die besigheid sal betaal te bepaal.
Handelskorting word van die aankoopprys afgetrek voor die inskrywing verantwoord word, want die handelskorting verminder die aankoopprys en die bedrag wat aan krediteure betaal of verskuldig is.

Kontantkorting

Kontantkorting word van die aankoopprys afgetrek voor die inskrywing verantwoord word, want die kontantkorting verminder die aankoopprys en die bedrag wat kontant betaal word.

Indien die goedere op die aankoopdatum betaal word, word kontantkorting op die aankoopprys toegestaan nadat handelskorting afgetrek is.

(Druk om voorbeeld oop te maak)

Verminder die aankoopprys met handelskorting om die kosprys van die goedere te bepaal. Geen inskrywing word vir die handelskorting voltooi nie.
Verminder die aankoopprys met kontantkorting om die kosprys van die goedere te bepaal. Geen inskrywing word vir die kontantkorting voltooi nie.

 1.4.4   Bepaal die bruto wins, koste van verkope en verkoopprys

Dit is baie belangrik om te bepaal of die winspersentasie bereken word op:
• Kosprys
• Verkoopprys/Bruto wins persentasie

(Druk om voorbeeld oop te maak)

Wanneer die wins op kosprys bereken word, is die kosprys = 100%.
Wanneer die wins op verkoopprys bereken word, is die verkoopprys = 100%.

 1.4.5   Bepaal handelskorting, kontantkorting en verkoopprys van goedere verkoop 

Verkoopprys min handelskorting

Trek handelskorting van die verkoopprys af om werklike verkoopprys te bepaal.
Geen inskrywing vir handelskorting nie

Verkoopprys min handelskorting min kontantkorting indien die goedere dadelik betaal is. 

a) Trek handelskorting van verkoopprys af.
b) Trek kontantkorting af van bedrag bereken in (a) om die werklike verkoopprys te bepaal.
Geen inskrywing kontant- of handelskorting nie

Handelskorting

Wanneer ʼn entiteit goedere aan ʼn ander handelaar verkoop, word handelskorting toegestaan omdat die goedere gekoop word vir herverkoop. Die handelskorting word van die verkoopprys afgetrek voor die inskrywing verantwoord word om die werklike verkoopprys wat ontvang of deur debiteure verskuldig is, te bepaal. Geen inskrywing word vir die handelskorting voltooi nie.

Kontantkorting

Indien die goedere op die verkoopsdatum betaal word, word kontantkorting op die verkoopprys toegestaan nadat handelskorting afgetrek is. Die koste van verkope moet op die normale verkoopprys bereken word.
Kontantkorting word van die verkoopprys afgetrek voor die inskrywing geboekstaaf word want die kontantkorting verminder die verkoopprys en die bedrag ontvang.

(Druk om voorbeeld oop te maak)

1.4.6   Bepaling van die invloed wat debiteure-afslag op koste van verkope het (deurlopende voorraadstelsel)

Wanneer die rekeninge van debiteure verminder word moet daar bepaal word of dit ʼn invloed op die koste van verkope het.

(Druk om voorbeeld oop te maak)

1.5 Bepaal oninbare skulde/kredietverliese

Dit is belangrik om te bepaal of die bedrag voorsien die:
1. Bedrag ontvang is.
2. Skuld is.

(Druk om voorbeeld oop te maak)

 1.6 Oninbare skulde/Kredietverliese ingevorder

Indien geld vanaf ʼn persoon ontvang word wie se skuld reeds afgeskryf is, word die inskrywing in die kontantontvangstejoernaal gemaak om die geld ontvang aan te teken. Die bedrag word na ʼn oninbare skulde/kredietverliese ingevorder rekening oorgeboek, omdat ʼn inkomste geskep word. Geen inskrywing word in die debiteurekontrole voltooi nie, want sy rekening is alreeds afgeskryf en gesluit (sy rekening bestaan nie meer in die onderneming se boeke nie). Indien jy verkeerdelik die inskrywing aan die kredietkant van die debiteur se rekening boekstaaf, sal jy ʼn kredietsaldo skep. Indien ʼn debiteur se rekening ʼn kredietsaldo het, skuld die besigheid geld aan die debiteur.

Waarom sal oninbare skulde ingevorder ʼn kredietsaldo hê?

Oninbare skulde ingevorder is ʼn inkomste vir die besigheid, aangesien dit die oorspronklike inskrywing vir oninbare skulde afgeskryf, kanselleer. Die bedrag ingevorder sal die wins van die entiteit verhoog. Geen inskrywing word in die debiteurekontrolerekening voltooi wanneer skuld betaal word nadat dit as kredietverliese afgeskryf is nie, want die debiteur se rekening is gesluit toe die skuld afgeskryf is.

(Druk om voorbeeld oop te maak)

1.7   Korting aan debiteure toegestaan

Dit is baie belangrik om te bepaal of die bedrag wat voorsien word die:

  • totale skuld is
  • totale bedrag ontvang is.

(Druk om voorbeeld oop te maak)

1.8 Kansellasie van vereffeningskorting toegestaan 

Indien vereffeningskorting toegestaan is aan ‘n debiteur met betaling van sy rekening, moet dit gekanselleer word indien die tjek gedishonoreer word. Dit word gedoen deur ʼn inskrywing in die algemene joernaal wat die volgende insluit:

  • debiteer die debiteurekontrolerekening – hy skuld die bedrag wat voorheen toegestaan is as vereffeningskorting.
  • krediteer die korting toegestaanrekening, dit sal die uitgawe verminder, want die vereffeningskorting toegestaan word gekanselleer. Dit sal die wins vermeerder.

(Druk om voorbeeld oop te maak)

1.9   Korting ontvang van krediteure

Dit is baie belangrik om te bepaal of die bedrag wat voorsien word die:
• totale skuld is
• totale bedrag ontvang is.

(Druk om voorbeeld oop te maak)

1.10 Rekeningkundige siklus

1.11 Transaksies met debiteure

(Druk om voorbeeld oop te maak)

1.12 Transaksies met krediteure

(Druk om voorbeeld oop te maak)

Contact Us

We're not around right now. But you can send us an email and we'll get back to you, asap.

Not readable? Change text. captcha txt